top of page
Search

At Cypress Life Group we also try help individuals ...

When life becomes too much its is often that people tend to loose hope ..

As an individual person can often feel so alone and trapped in an unforeseen circumstance or as a result of some poor decisions .. we need to also start with individuals that they can also make a difference and spread the gospel ..

Rocco se Storie

My naam is Rocco O Neale en ek wil net n stukkie van my lewe met jul deel, n stukkie wat dalk n verskil kan maak in iemand anders se lewe. is 40 jaar oud en het n hele paar jaar bietjie die pad verloor. Maar met hulp het ek weer my pad gevind. Dwelms verwoes nie net jou lewe nie maar almal om jou. Mense wat jou lief het, jou familie en vriende jy vervreem jou van almal en alles. Alles wat iets in jou lewe beteken. Jy val in n donker gat en jy raak selfsugtig. Jy sorg net vir jouself en jou eie behoeftes,maak nie saak wie jy seer maak of vertrap op jou pad nie. Daar is baie stories wat ek kan uitbrei op wat deur die tyd my lewe n nagmerrie gemaak het, maar dan skryf ek dalk n boek. Ek was een van die gelukkiges wat tot besef gekom het en besluit het om uit die donker gat te kom. Ek kan nie genoeg onse Vader dank dat hy my beskerm het die die hele tyd nie. Dan ook die individue wat bereid was om my te help nie. Sonder die hulp weet ek nie….

Die lewe daar buite is nie maklik nie en mens moet ten alle tye positief bly. Dis nie n maklike pad nie en daar is baie struikelblokke wat nog steeds oor jou pad kom MAAR ek bly op my kniee en ek probeer positief na dinge kyk.

Ek wil graag die geleentheid gebruik om vir Sharon en Sarakie van Cypress Life, Baie dankie te se vir die hulp wat hulle gegee het. In die tyd wat dit die nodigste was en waar jy niemand het wat meer in jou glo of vetrou nie. Ek sal dit nooit vergeet nie. Baie dankie!

Groete

Rocco


Cathy (Kiewiet) se Storie


Brief van Cathy

Liewe Sarakie en Sharon

Hiermee wil ek julle net bedank vir julle bystand en finansiële hulp waarmee julle my gehelp het van laas jaar af met die fondse wat julle in my rekening oor betaal het.

Sonder julle hulp weet ek nie waar ek sou beland het nie. Die fondse het my gehelp met vervoer, kos en huurgeld en ook vir persoonlike goedjies.

Nogmaals wil ek julle bedank, want vandag sit ek met n werk, n dak oor my kop en deur dierbare mense soos julle wat nie geskroom het om my te help nie, glo en vetrou ek weer op ons Hemelse Vader, want HY het my gewys daar is nog mense wat omgee vir hulle medemens.

Mag God julle hartlik seën en baie dankie. Lief vir julle. Kiewiet






19 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page