Sharon En Cathy

Cathy Met Haar Sertifikaat Van Bewys Van Groot Doop

Brief van Cathy

Liewe Sarakie en Sharon

Hiermee wil ek julle net bedank vir julle bystand en finansiële hulp waarmee julle my gehelp het van laas jaar af met die fondse wat julle in my rekening oor betaal het.

Sonder julle hulp weet ek nie waar ek sou beland het nie. Die fondse het my gehelp met vervoer, kos en huurgeld en ook vir persoonlike goedjies.

Nogmaals wil ek julle bedank, want vandag sit ek met n werk, n dak oor my kop en deur dierbare mense soos julle wat nie geskroom het om my te help nie,
glo en vetrou ek weer op ons Hemelse Vader, want HY het my gewys daar is nog mense wat omgee vir hulle medemens.

Mag God julle hartlik seën en baie dankie.
Lief vir julle.
Kiewiet